Benadering

Wat bied ons adviseurs

jds_financial_services.jpg.cropped940x258o0,-51s942x339

Aanstelling van adviseur

Ons tree op as ‘n “bestuurder van advies”. Ons eie adviseurs hanteer finansiele bepanning en versekering en ons gebruik ook die dienste van ‘n paneel van vooraanstaande finansiële dienste maatskappye. Hierdie geassosieerdes is sorgvuldig gekies vir die behoeftes van ons sake kliente. Hulle is onafhanklike gelisensieerde finansiële dienste verskaffers. Investa het nie enige finansiële belang in hierdie maatskappye nie

Ons adviseur evalueer u behoeftes. Die adviseur doen ‘n omvangryke ontleding van behoeftes en oorweeg moontlike oplossings. Indien die finale voorstel deur die klient aanvaar word, word die oplossing geimplementeer.

Ons adviseurs volg ‘n holistiese en analitiese benadering tot finansiële beplanning, advies en dienslewering. So ‘n benadering verseker ‘n omvattende ontleding van u huidige status en behoeftes, tekorte en risiko’s word gekwantifiseer en ‘n oplossing wat op die behoeftes en prioriteite gebaseer is, word geïmplementeer.

Wat bied n Investa adviseur

Die eerste ding wat u Investa adviseur sal doen, is om u behoeftes te bespreek sodat deeglike begrip vir u situasie en doelwitte verkry word.

Ons proses is n persoonlike benadering. Die situasie dikteer hoe lank dit neem. Voldoende tyd word gespandeer en die proses behels die volgende stappe.

  • Die Investa adviseur bespreek u finansiële situasie
  • Doelwitte word geidentifiseer, hetsy 5 jaar mikpunte of 4 dekades in die toekoms
  • Die adviseur ontwikkel ‘n strategie wat op u finansiële sterk-en swakpunte gebaseer word
  • Ons adviseur gee volledige aanbevelings met duidelike mikpunte
  • Sodra u met die adviseur se aanbevelings tevrede is, is ons gereed om die advies te implementeer
  • Ons hersien die advies as dinge verander.

Die beskerming van u belange

Investa bestuur monitor die verhouding tussen u en die adviseur en ons is beskikbaar vir enige hulp.

Ons verdien ‘n verwysingsfooi van die produkverskaffer of geassosieerde. Die adviseur is verplig om nie meer as die standaard fooi vir hul dienste te hef nie. Op hierdie wyse kry u die dienste van twee gelisensieerde finansiële diensverskaffers vir die prys van een! Ons unieke benadering verseker uitsonderlike professionele standaarde.

Ons besef dat daar uitstekende finansiële adviseurs in Suid-Afrika is. Ons het besluit om nie met almal te kompeteer nie. Ons verstaan die finansiële dienste bedryf en die behoeftes van sake-kliënte. Ons maak dit ons besigheid om die beste beskikbare advies vir die behoeftes van ons kliënte in hulle omgewing te vind.

Ons benadering verseker dat ons op ‘n nasionale basis aan kliënte kan diens lewer.

Een van ons adviseurs

Jacques Rust, B Rek, CFP

Jacques het sy klerkskap as rekenmeester by Swiegers Erasmus op De Aar voltooi en daarna vir twee jaar as belastingkonsultant vir Sanlam gewerk en toe as finansiele adviseur by Standard Bank. Sedert 2004 bedryf Jacques n onafhanklike finansiele advies praktyk. Hy het die Finansiele beplanningsinstituut se nagraadse diploma in finansiele advies verwerf en is steeds by die FPI geafifilieer. Hy is by die Finansiele Dienste Raad en die Raad van Mediese skemas geregistreer. Jacques het produkooreenkomste met 17 toonaangewende versekeraars,beleggingshuise en mediese skemas in Suid Afrika en bedryf meer as 10 jaar n suksesvolle praktyk. 

info@investa.co.za, Papegaaistraat 9, Stellenbosch, Suid-Afrika