Dokumente en vorms
In hierdie afdeling is inligting en vorms beskikbaar om ons besigheidsproses te fasiliteer.
Korttermynversekering
Om u te kan adviseer het ons inligting oor u huidige versekeringsdekking nodig
Die eerste stap is om ons te voorsien van ‘n getekende mandaat om u huidige versekering en eise geskiedenis te ondersoek. Dit is nie ‘n makelaarsaanstelling nie.
Dit stel ons slegs in staat om inligting van u huidige versekeraar te verkry
Magtiging – korttermynversekering (Afrikaans)
Mandate – Short term Insurance (Engels)
Finansiële Beplanning
Vir die ontwikkeling van ‘n finansiële plan moet ons korrekte inligting oor u huidige beleggings en lewensversekeringspolisse ondersoek.
Die eerste stap is om ons te voorsien van ‘n getekende mandaat om u versekering en beleggings te ondersoek, Dit is nie ‘n makelaarsaanstelling nie. Dit is ‘n opdrag aan u huidige versekeraar of beleggingsinstellings om ons van inligting te voorsien. Voltooi asseblief ook die tweede bladsy.
Magtiging – Beleggings / lewensversekering (Afrikaans)
info@investa.co.za, Papegaaistraat 9, Stellenbosch, Suid-Afrika